STIGTING EN DOEL

Die vereniging het in 1968 ontstaan uit die begeerte van toegewyde inwoners om die kultuurerfenis van die dorp en distrik, dus van die “heem” Stellenbosch, te help bewaar, veral deur woord, beeld en klankmateriaal in ‘n argief byeen te bring en te ontsluit. Sedertdien het die Heemkring van krag tot krag gegaan en is steeds ‘n lewendige organisasie met ‘n passie vir bewaring.

WAT BETEKEN “HEEMKRING”?         

Die ou Germaanse woord “heem” beteken oorspronklik o.a. “woonplek”, “dorp”, “vaderland”. Vergelyk Engels “home” en Duits “heim” of “Heimat”. In Afrikaans ken ons dit ook nog in “heemraad”, “inheems” en “uitheems”.

‘n Heemkring of heemvereniging hou hom dus besig met die kultuurdinge van ‘n bepaalde heem (dorp/plek/woonplek).

Panorama van die dorp Stellenbosch in die jaar 1710