Die Heemkring kan bereik word op die volgende maniere:

  • Fisiese adres: Voorgelegen, Dorpstraat 116, Stellenbosch, 7600
  • Telefoon: (+27) 082-854-4210
  • Email: sbosheemkring@gmail.com

Die Heemkring het ‘n argief geleë in Voorgelegen, Dorpstraat 116, Stellenbosch. Die argief bevat:

  • dokumente (briewe, kennisgewings, dagboeke, notules, manuskripte, ens)
  • klankopnames: aanbiedings tydens ledevergaderings, ad hoc opnames van gesprekke met inwoners van Stellenbosch en van spesiale geleenthede, sedert 1968. Die beskikbare opnames is vanaf bande en kassette oorgeklank in MP3 formaat
  • foto’s van mense, geboue, plekke
  • knipsels uit koerante (veral Eikestadnuus en Die Burger)
  • boeke waarvan die inhoud betrekking het op Stellenbosch
  • rekenaar-inventarisse bestaan vir meeste van die versamelings

Die argief kan besoek word Dinsdag – Donderdag, 09:00-13:00, slegs per afspraak.

Voorgelegen, DorpstraatHeemargief